Jaarboeke

Finansiële rekeningkunde 100


 
Modulekode FRK 100
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud

*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)-studente
(Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.)
'n Inleiding tot die konseptuele raamwerk (teorie van rekeningkunde); die rekeningkundige vergelyking; belasting op toegevoegde waarde; afslag; kontrolerekeninge; inkomste; voorraad; niebedryfsbates eiendom, aanleg en toerusting; kontant en kontantekwivalente; beleggings; lenings; die verwerking van data vanaf hulpjoernale tot proefbalans; finansiële jaarstate van eenmansake; departementele rekeninge; opsporing en regstelling van foute; onvolledige rekords; takrekeningkunde; ondernemings entiteite sonder winsoogmerk; permanente vennootskappe; veranderinge in vennootskappe; vennootskaprekeninge; beslote korporasies; maatskappye; vervaardigingsondernemingsentiteite; rente-berekeninge; versekeringseise; ontleding en vertolking van finansiële state met gebruik van ‘n kontantvloeistaat.
? Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik.

Modulekrediete 24.00
Voorvereistes Slegs kandidate wat ‘n aanvaarbare uitslag in die verpligte rekeningkundige vaardigheidstoets behaal het mag vir hierdie module registreer.
Kontaktyd 4 lesings per week, 1 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Rekeningkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences